The Rustic Pumpkin Coffee Shop is 'n heerlike nuwe eetplek net buite Warmbad op die Thabazimbi pad. Gaste geniet ons rustige atmosfeer met liplekker ontbyte en ligte middagetes.
Abel is ons chef in die kombuis en hy stel nie teleur met wat hy opdien nie. Ons vriendelike span sal jou gou tuis laat voel.
Ons ook beskikbaar vir funksies, kontak my gerus as jy 'n baba-tee of kombuis-tee hier wil hou.
Ons bied ook 'n verskeidenheid platters en tuis gebakte koeke wat op bestelling gebak word.
Add a review