Pulani Park is 'n park wat gesamentlik besit word deur 13 eienaars. Die plaas is 268 hektaar groot en het baie wild soos koedoes, blesbokke, bosbokke, zebras, inyalas, steenbokkies, klipspringers, ens. Die park is ryk aan voëllewe en voëlliefhebbers kan gerus hul vêrkykers saambring.
Pulani het 'n pragtige karavaanpark en kan 10 kappeerders gelyktydig huisves. Ons het ook 'n pragtige saal wat gebruik kan word vir troues en funksies. Dis 'n een stop diens kan lewer vir diegene wat beplan om te trou. Dit is toegerus met 'n kapêl, volledige toegeruste kombuis en kroeg en ook 'n kouewater swembad. Die saal is toegerus met stoele en tafels wat 100 mense kan huisves.
Pulani kan ook aan stappers die mooiste natuurskoon voorsien. Daar verskeie staproetes en die roetes voorsien ook aan vierwiel aangedrewe voertuie, waar die wild besigtig kan word.
Omdat daar nie geskiet mag word op Pulani nie, is die wild baie rustig en pragtige fotos kan vanuit die voertuie geneem word.
HPPM+RQ Wonderkrater Vakansiedorp, South Africa