Site logo
Description

As jy van lekker kos hou, en met lekker bedoel ek jou OUMA se kos, sal jy hier tuis voel. Boervrou produkte is alles plaasvars, ons het ons eie hoenderboerdery wat ons voorsien van “free range” eiers, asook ons eie groentetonnel waaruit ons groente gebruik in ons voorbereide disse & pampoen beskuit. Al Boervrou se resepte is uniek en self geskryf, hierdie se ek graag met baie trots ?

Ons Afrikaners is besonders & uniek, ons laat ‘n khaki broek en hemp stylvol lyk. En ons mense kan tog so lekker eet. Ons bak, ons braai, ons spit, ons dans en ons sing in Afrikaans, ons taal jou dierbare ding! Afrikaners, my hartsmense, julle is my passie en hierdie aanlynwinkel dra ek op aan julle. O, en ook aan my varkhond Bella vir wie ek die hondekoekies reeks uitgebring het.

Details
  • Show Number
  • Show Email
  • https://www.boervroudeli.co.za/
Location
Follow us
Facebook Feed
Contact business

  • No comments yet.
  • Add a review
    error: Content is protected !!