Die museum is in 2010 opgerig deur ’n groep trekkergeesdriftiges wat ’n passie vir enjins uit toeka se dae het en dit vir die nageslag wil bewaar.
Dié groep afgetrede kundiges span elke Woensdag hul kragte saam om ’n groot verskeidenheid veteraantrekkers en -enjins op te bou. Daar word heeldag in die werkswinkel langs die museum gewerskaf.
Daar is tans 30 veteraantrekkers en omtrent 30 enjins in die museum wat tot hul oorspronklike, brullende, toestand herstel is.
’n Ou sendingkerkie op ’n plaas in die omgewing wat in onbruik verval het, is intussen gerestoureer en langs die landboumuseum opgerig. Dit huisves allerlei outydse huishoudelike items, asook ’n merkwaardige versameling van meer as 80 naaldwerkmasjiene waarvan party uit die 1800’s dateer.
’n Versameling van meer as 100 speelgoedtrekkers het ook onlangs daar ’n nuwe tuiste gevind.
Settlers Agricaltural Museum, Charles White Dr., Settlers Farm Bela-Bela Rural Settlers, 0430
Monday
Closed
Tuesday
Closed
Wednesday
By appointment only
Thursday
Closed
Friday
Closed
Saturday
Closed
Sunday
Closed
May 26, 2026 4:18 AM local time
magnus49hansen
April 15, 2024 at 3:27 AMThank you very much for showing the Canadians your interesting museum,jan2024.