Die skool het tans 60 kinders wat wissel vanaf 3 maande tot 5 jaar. Ons neem kinders slegs in tot voor Gr R.
Ons is ‘n Christelik geörienteerde Afrikaanse skool waar Godsdiens en Christelike liedjies deel uitmaak van ons
daaglikse program. Ons is ‘n Afrikaanse kleuterskool en daarom geskied onderrig in Afrikaans. Onderrig
geskied op ‘n gedifferensieëerde basis en volgens ouderdomsgroepe. Die kleuters word van jongs af aan ‘n
wye verskeidenheid temas en woordeskat aan die hand van hulle beleefde ervarings blootgestel. Die program
is egter buigsaam om sodoende informele leer persoonlik aan te bied
SmartBrain Kidz
Add a review