Hoërskool Piet Potgieter

Description

Van die eerste grond-atletiekbaan, karige pawiljoene, 1 grond hokkiebaan en slegs 1 voetbalveld, spog Hoërskool Piet Potgieter vandag met ‘n terrein waarop ons werklik trots is: 3 rugbyvelde, pragtige pawiljoene om ons atletiekbaan, die Pierneefsaal, die Jas Hansen-losie, 3 hokkievelde, 9 tennisbane en 13 netbalbane, ‘n krieketveld en 5 nette, hokkie-, netbal- en rugbykamers, ‘n gym (privaat) en selfs ‘n kaskarbaan.

Ons terrein is daar vir die gebruik van ons pragtige kinders. Ons skep graag geleenthede waar drome ‘n werklikheid word, gawes en talente ten volle ontwikkel kan word – ‘n platvorm vir prestasie.

Om deel van hierdie skool te wees is om deel te wees van ‘n ryk en lewendige geskiedenis, ‘n skool met ‘n sterk karakter waar doelgerigte onderwysers met Iiefde elke dag hul taak verrig, waar sport en kultuuraktiwiteite met entoesiasme aangepak en afgehandel word.

Hoërskool Piet Potgieter is ‘n pragtige skool in die hartjie van die Bosveld, omring deur die asemrowende Waterberge.

Hoërskool Piet Potgieter het besluit om in 2014 ‘n waardegedrewe skool te word, eerder as ‘n reël gedrewe skool. Die verskil lê daarin dat die waardes intern tot ‘n mens is, en indien die waardes goed vasgelê is, dit outomaties die kinders se denke en keuses sal beïnvloed om die regte ding te doen. Dit is die ondersteuningsbasis vir reëls, en vervang nie die reëls nie.

In vandag se samelewing is daar soveel verkeerde rolmodelle, en situasies waar verkeerde waardes vir die kinders as korrek en reg voorgehou word, dat ons gevoel het ons kinders het nodig om in die skool hul waardes te versterk en uit te leef.

Die skool (leerders en onderwysers) het gestem vir waardes, en daaruit is spesifieke waardes vir Hoërskool Piet Potgieter geidentifiseer.

Dit word voorgestel met die akroniem ‘n LEIER.

Nalatenskap: Strewe daarna om alle situasies, mense en omgewing beter te los as wat dit was voor jy betrokke was.

Lojaliteit: Wees lojaal aan jouself, jou God, skool, samelewing en land.

Empatie: Loop ‘n myl in ‘n ander se skoene; moenie oordeel nie, help eerder.

Integriteit:  Wees opreg. eerlik en verantwoordelik in alles wat jy doen en waar jy betrokke is.

Excellence: Strewe ten alle tye, en in alles, na uitnemendheid; leef voluit in alles wat jy aanpak.

Respek: Om respek te ontvang moet jy respek won aan jouself, ander en jou omgewing ‘n Program word tans met die leerders gevolg, waar hulle in die voogklasse besprekingsonderwerpe kry en projekte moet uitvoer.

Hulle word gereeld aan die waarde van die dag herinner in Opening elke oggend.

 

Piet Potgieter High School decided to become a value-driven school in 2014, rather than a rule-driven school. The difference lies in the fact that the
values ​​are internal to a person, and if the values ​​are well established, they will automatically influence the children’s thinking and choices to
do the right thing. It is the support base for rules, and does not replace the rules.

In today’s society there are so many wrong role models,
and situations where incorrect values ​​for the children are presented as correct and right, that we felt our children needed to strengthen and live out their values ​​in school.

The school (learners and teachers) voted for values, and from that specific values ​​were identified for Piet Potgieter High School.

It is represented by the acronym A LEIER.

Legacy: Strive to solve all situations, people and environment better than it was before you were involved.

Loyalty: Be loyal to yourself, your God, school, society and country.

Empathy: Walk a mile in a others’ shoes; don’t judge, help instead.

Integrity: Be sincere. honest and responsible in everything you do and where you are involved.

Excellence: Strive at all times, and in all things, for excellence; live fully in everything you do.

Respect: To receive respect, you have to win respect to yourself, others and your environment A program is currently being followed with the learners, where they will have discussion topics in the guardianship classes and carry out projects.

They are regularly reminded of the value of the day in Opening every morning.

 

Contact Details
  • Show Number
  • hpp@hspotties.co.za
  • http://www.hspotties.co.za/
Location
Facebook Feed
Contact Us

    Institution
  • No comments yet.
  • Add a review
    error: Content is protected !!